Goeie Vrydag

Kruisiging van Jesus op die heuwel Golgota net buite die stad Jerusalem
Jesus se Kruisiging, skildery deur Gabriel Wüger in 1868
Ikoon van die Kruisiging, Weliki Nowgorod, Rusland, ca. 1360
Ecce Homo ("Aanskou die Man"), 'n Uitbeelding deur Ciseri van Antonio van Pontius Pilatus wat 'n erg gepynigde Jesus van Nasaret voorhou aan die mense van Jerusalem
'n Tipiese optog op Goeie Vrydag in Rooms-Katolieke lande (hier Quito, Ecuador)
'n Goeie Vrydag-optog in Stuttgart, Duitsland

Goeie Vrydag is die Vrydag voor Paasfees, dit volg op Wit-Donderdag en word deur Heilige Saterdag opgevolg. Op Goeie Vrydag herdenk Christene die kruisiging en dood van Jesus van Nasaret op die heuwel Golgota net buite die stad Jerusalem. Dit volg nadat die Romeinse goewerneur van die Romeinse provinsie Judea, Pontius Pilatus, Jesus op aandrang van die sanhedrin, die Joodse hoë raad, tot dood veroordeel het.

Die dag word as 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika en verskeie ander lande gedenk. Meeste Christelike kerke hou eredienste om die dag se gebeure te gedenk. Nagmaal word dikwels by sulke dienste bedien. Volgens die Rooms-Katolieke Kerk is Goeie Vrydag 'n streng dag van vas en onthouding. Die dag behoort tot die drie dae van Paasfees (Latyn: Triduum Sacrum of Triduum Paschale), wat met die Heilige Mis voor die laaste Aandmaal op Wit-Donderdag begin, beide Goeie Vrydag en Heilige Saterdag, die dag van die grafvrede insluit, en met die fees van Jesus se opstanding in die Paasnag eindig.

Hierdie drie dae van Paasfees is in al die Christelike strominge die oudste en belangrikste fees van die Liturgiese jaar en word volgens die Pasgageheimenis gevier as een enkele kerkdiens, wat op Wit-Donderdag begin en met die seën op Paasoggend eindig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search